Reëls

• Vertel in nie meer as 300 woorde nie hoekom jou man verdien om Manlief van die Jaar te wees – probeer fokus op insidente in julle lewe.

• E-pos jou inskrywing aan danelle@carpediem.co.za en stuur ’n duidelike digitale foto in jpeg-formaat saam met die inskrywing (hy moet alleen op die foto wees). Skryf in die subject-reël MANLIEF VAN DIE JAAR. Of pos dit self op www.manlief.co.za.

• Skryf die volgende inligting boaan jou inskrywing: – Jou man se naam, van en ouderdom – Hoeveel jaar julle al getroud is – Van watter dorp julle kom – Gee julle albei se selfoonnommers en e-posadresse.

• Maak ook seker jy het die reëls gelees op www. manlief.co.za.

• Die sluitingsdatum vir inskrywings is 29 Februarie 2012.

• Die wenner sal in Junie aangekondig word.

Kliek hier om in te skryf

lees meer

Skryf in

No more submissions accepted at this time.
lees meer

Is jóú man MANLIEF van die jaar?


Van die skitterblink verloofring, die sprokiesrok, die wittebrood, pienkvoete en eerste groot geveg … ons hou van huwelike! Alles daarvan. So, as jy gelukkig getroud is en mal is oor jou man, wil ons graag van jou hoor. Spog ’n bietjie met hom! Skryf hom in vir ons Manlief van die Jaar-kompetisie!

Eendag was daar ’n man. Sy naam was Ebert. Elke oggend het Ebert kafee toe geloop om die koerant te koop, en ’n vars brood. Daarna het hy dikwels by die bloemiste gestop vir een langsteelroos. Na werk is hy haastig huis toe sonder om ooit saam met die manne ’n bier te gaan drink. Hy sou eerder by die biblioteek langs gaan om ’n roman uit te neem. “Dis vir my vrou,” het hy geantwoord toe sy kollegas hom eendag oor die hygroman in sy tas terg.

“Genade, Ebert, sy is seker ’n heks! Jy doen dan alles wat sy vra.”

“Nee, sy’s ’n engel, en sy vra niks. Maar haar vlerke is geknip … sy sukkel om self reg te kom.” Eers toe het hulle gehoor dat Ebert se vrou in ’n rolstoel sit. Hy het nog nooit daaroor gekla nie.

Klink Ebert soos die man in jou lewe? Of dalk nie! Maar hy doen miskien ander dinge om jou spesiaal te laat voel … Vergeet nou eers van die sokkies wat hy laat rondlê en hoe hy in sy ore krap. En onthou die kere wat hy met sy growwe vingers jou trane afgevee het. Het jy al daarvoor dankie gesê? Want dit gebeur ook. En tegnies gesproke is hy glad nie daarvoor bedraad nie. Mans kom van Mars en ons kom van Venus. Dit weet ons lankal. Maar sonder hulle sou die lewe maar saai gewees het! Jy kan nie stry nie.

Die meeste mans laat goedjies rondlê en sukkel om soos jou vriendinne met jou te gesels – en dit maak hom ’n volbloedman!

Geniet jou man en waardeer hom vir wie en wat hy is. Daar is baie vroue wat snags lê en verlang na die sterk arms waarin hulle so gewoond was om in te slaap. Sê vandag nog dankie dat jy jou man steeds by jou het!


WEN ‘n naweek vir 2 by Kazuko Lodge wildreservaat!


KLIEK HIER OM IN TE SKRYF

lees meer